Some info about AFRIKAANS
Category
LITERATURE - AUTHORS
Van Niekerk is op 22 Februarie 1929 in Edenburg gebore. Sy ma, Bettie, is skaars ’n maand na sy geboorte oorlede en sy pa, die kleremaker Rudolf Johannes, trou weer later. Sy halfsuster wat uit hierdie huwelik gebore is, Maria, is op tweejarige ouderdom oorlede. Hy matrikuleer in 1946 aan die Hoërskool Edenburg. In 1949 behaal hy ’n B.A.-graad aan die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat en later ’n honneursgraad in Wysbegeerte aan Unisa. In die jare 1950 tot 1956 is hy omroeper en regisseur by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie in Johannesburg en Kaapstad, terwyl hy deeltyds verder studeer. In 1954 behaal hy die B.A. Honneurs-graad in Wysbegeerte met lof aan die Universiteit van Suid-Afrika. Met die stigting van die Departement van Landbou se radiodiens Landbouradio in 1957 word hy radiobeampte en later hoof van hierdie departement se radiodiens. Sy belangstelling in wedvlugduiwe lei later tot die skryf van die boek “Skrik kom huis toe” en hy is ook verantwoordelik vir die duiwerubriek wat in die sestigerjare deur die SAUK uitgesaai is. <
Wikipedia contributors, "Dolf van Niekerk," Wikipedia, The Free Encyclopedia,
ABOUT THE AFRIKAANS LANGUAGE